5,7 ha Ekovriendelike eiendom R7,750,000.
Die eiendom is 6,5 km vanaf die middedorp. Die verbeterings op die eiendom bestaan uit 2 huise plus n ruim woonstel.
Water word voorsien vanaf n fontein uit die berg en word gestoor in n 60,000 lt reservoir vir huisgebruik en die tuin.
Reënwatertenks ook vir huisgebruik. (2 by 5,000 lt. tenks).
Groente word organies geweek in kweekhuis vir huisgebruik.
Huis nr. 1 bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, oopplan kombuis, sit-eetkamer met binnebraai en jaccuzi, opwaskamer, 2 spense en enkel motorhuis.
Huis nr. 2 bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers, oopplan kombuis, sit- eetkamer, binnebraai en "splashpool". Buitestoep wat suid front met uitsig oor die boerderygebied.
Woonstel bestaan uit n dek, groot sit- eetkamer met aparte ruim kombuis. Groot slaapkamer on -suite. Enkel motorhuis.
Die eiendomme het netjiese ingeboude kaste met granietblad in al drie kombuise. Baie netjiese afwerkings binne en buite die huise.
Groot stoor vir 2 karavane en 1 voertuig.
Elektriese omheining rondom die huise met afstandbeheerde toegang. Alarmstelsel plus "beams" om die huise.
Die eiendomme maak gebruik van solarkrag en fonteinwater, heeltemal onafhanklik van Munisipale dienste.
Ideaal vir perde, hele omgewing is perdevriendelik.
Hierdie eiendom met 2 huise is n ware winskoop wat bemark word deur Tinus Nortje van Tinus Nortje Eiendomme. George geleë in die Tuinroete, Suid Kaap Suid Afrika.