4,9 ha Kleinhoewe net buite George. R5,700,000.
Woonhuis se oppervlakte beslaan +/- 325 m². 4 slaapkamers met hoofslaapkamer on-suite plus nog 2 badkamers. Ruim kombuis en sit- eetkamer wat uitloop op die stoep en swembad.
Lieflike berguitsig asook uitsig oor die landelike gebied. Palasades omhein die eiendom met afstandbeheerde toegang.
Die eiendom bied oneindig baie moontlikhede soos bv. gastehuis, perderyskool en ook vir toekomstige belegging.
Die cottage kan omskep word in n woonstel. Perdestalle vir die perdeliefhebbers en kweekhuis vir kweek van kruie en sampioene. Aparte gebou vir pottebakkery.
Eskom krag, munisipale water en koopkrag vir huisgebruik.
Baie ruim en netjiese tuin in n veilige omgewing. Ideale plek vir die natuurliefhebber wat uit die dorp of stad wil kom.
Tinus Nortje Eiendomme bemark die pragtige kleinhoewe net buite George in die Tuinroete, Wes Kaap, Suid Afrika. Kontak Tinus by Tinus Nortje Eiendomme vir verdere navraag.