46 ha Leefstylplaas by die see R17,250,000
PRYS DRASTIES VERLAAG
Die plaas is slegs enkele kilometers buite George geleë.
Verbeterings bestaan uit n 450 m² 5 slaapkamer huis met baie netjiese afwerkings.
Pragtige badkamers en ingeboude kaste.
Oopplan kombuis, sitkamer en braai wat uitloop na die swembad.
Kantoor, gym, koelkamer en volledige slaghuis.
2 enkelwoonstelle asook n 2 slaapkamer woonhuis.
2 groot implimente- en voerstore.
Toegangspad geplavei vanaf die hoofpad met n mooi laning bome tot by die hoofwoning.
Uitsig oor die berge onbeperk.
Die plaas is verdeel in 18 netjiese kampe. Die buiteheinings is bonox- en gelektrifiseerde heinings.
2 groot opgaarstoordamme vir besproeiingswater. 2 elektriese pompstasies by die damme en ondergrondse moederlyne oor hele plaas met aftappunte.
25 ha onder permanente besproeiing. Nuwe toerusting soos pompe en spilpunte.
Al die grond is onder weiding.
Plaas is ideaal vir n perdeplaas of vir beeste en skape.
Hier kan jy ook selfversorgend wees.
Die leefstylplaas net buite George word bemark deur Tinus Nortje van Tinus Nortje Eiendomme. Kontak vir Tinus vir enige navrae.