Die eiendom is geleë ongeveer 30 km. buite Uniondale met totale oppv. van 1,249 ha.

400 ha droë lande vir somerweidings vir diere. Ongeveer 17 km. is elektrifiseerde heinings met 1,4 m hoogte vir buffel boerdery. Binnekampe met wildheinings  (3,6 km by 1,8 m hoog).

Verbeterings:

Hoofwoning is 250 m² met 4 slaapkamers en 2 badkamers. Woonstel  is 65 m² groot met 1 slaapkamer en 1 badkamer.  2 werkers huise (2 by 35 m²) 70m ².  3 store: 1,200 m², 275 m², 98 m².Garages en stoorkamers 320 m².

4 boorgate lewer 46,000 m³ per uur in totaal. (2 sterk boorgatpompe 37,000 lt. per uur). Water word gebruik vir die huis, besproeiing en suipings. 3 boorgate toegerus met eskom en 1 met solar.  Water word gepomp na 3 stoordamme plus 1 dam uitgevoer met PVC. 3 eskompunte op plaas.

Baie netjiese en goedbeplande plaas met netjie draadheinings met kampe. Ideaal vir wild- en beesboerdery.