Die gewilde wildplaas met n oppervlakte van ongeveer 501 ha is 25 km buite Oudtshoorn geleë. Goeie en stewige wildheining rondom die eiendom. Pragtige rustige omgewing in die berge met wyd uitgestrekte vlaktes en uitsig op die Swartberge in die verre agtergrond. Voldoende veld vir kameelperde, verskeidenheid van bokke (elande & koedoes), volstruise en zebras. Springbok gaan nog ingesit word. Doringklowe en vlaktes bied ongelooflike uitsig met die wild wat in verte verby beweeg. Groot suipdam in die kloof.

Selfsorg eenheid bestaan uit `n netjiese 2 slaapkamer huis met al die geriewe, behalwe elektriesiteit. Hier het jy dit nie nodig nie, beskik oor gasstoof, binne- en buitebraai. Solar vir warm water en gasyskas vir al die koue benodighede. Saans kan jy die sterrehemel waardeer soos net gesien kan word ver weg van elektriese ligte.