Die eiendom is +/- 35 km vanaf George geleë. Verdeel in baie netjiese kampe met uiters netjiese heiningsdraad. Elke kamp het sy eie suiping. Netjiese beeshanterings fasiliteite met skaal. Gronddam voed 28 ha spilpunt om weidings te besproei. Al die weidings bestaan uit raygras en kikuju. Drakrag van die weidings +/- .8ha vir 1 produserende koei plus kalf. Bonsmara vleisbeeskudde produseer speenkalwers wat baie goeie inkomste lewer. Daar is nog +/- 80 ha wat nog skoongemaak kan word.

Netjiese woonhuis met mooi uitsig, 3 werkershuise met groot implimentestoor.

Suidelike gedeelte van die plaas het ontwikkelingspotensiaal in die toekoms. Baie mooi uitsig oor Sedgefield, Wildernis en die mere met Mosselbaai in die verte.