Die 24 ha eiendom is in die George distrik geleë naby al die golfbane, see, lughawe en alles wat die stad jou kan bied. Plaas is ideaal vir die ontwikkeling van verskeie wooneenhede. Bied tans akkomodasie vir 100 gaste.

Verbeterings bestaan uit 5 by 60m² houthuise met uitsig oor die groot dam.

4 woonstelle waarvan 3 by 2 slaapkamers is en 1 by 1 slaapkamer is.

2 by 2 slaapkamerwoonstelle.

“Koshuisgebou” met 11 slaapkamers met 5 stapelbeddens in elke kamer.

Buitebraai met toegeruste kroeg.

Onthaalkamer met pooltafel en eetsaal ook met toegeruste kroeg. Alle fasiliteite in plek.

Kundige bouer / ontwikkelaar kan die geboue omskep in wooneenhede wat in groot aanvraag is.

Eskom en watertenks. Water word gesuiwer vir huisgebruik.

Eiendom is geleë aan besige roete en slegs enkele kilos uit George.