Die gasteplaas is ongeveer 5km buite Oudtshoorn geleë.

Die Gasteplaas bestaan uit die hoofgebou met 5 groot kamers, 2 aparte geboue met 6 eenhede  asook n aparte gebou met 3 slaapeenhede.

Die historiese volstruispaleis dateer uit 1913. Die eiendom is n sandsteengebou en omskep in `n moderne gastehuis met verskeie baie netjiese kamers met badkamers wat in totaal 34 gaste kan akkomodeer. Die meubelment en afwerkings is van hoogstaande gehalte.

Die sandsteen waarmee die gebou gebou is is afkomstig uit die eie omgewing. Oudtshoorn het n roemryke verlede soos die eerste besproeiingsdam in Suid Afrika is in Oudtshoorn gebou nl die Kammanassiedam. Die eerste tabak is in Oudtshoorn verbou. Bekend vir lusensaad en groentesaad.

Besienswaardighede vir toerisme is die volstruisbedryf die bekendste met sy pragtige vere wat oor die wereld bekend is. Die volstruis se vleis is baie gewild vir sy lae cholesterol. Ook is daar die bekende volstruisplase soos Highgate, Safari en nog meer.

Kom  besoek Oudtshoorn vir al sy besienswaardighede soos Meiringspoort, Kango Grotte, Swartbergpas en vele meer.