Naby George geleë. Verbeterings bestaan uit 2 huise en ruim woonstel.

Water word voorsien vanaf fontein uit die berg en word gestoor in 60,000 lt. reservoir vir huisgebruik.

Reënwatertenks vir huisgebruik word gestoor in 2 by 5,000 lt tenks.

Groente word organies gekweek vir huisgebruik.

Huis 1 bestaan uit 3 slaapkamers met 2 badkamers, oopplan kombuis, 2 spense, eet- en sitkamer, binnebraai en jaccuzi.

Huis 2 bestaan uit 2 slaapkamers met 2 badkamers, oopplan kombuis, eet- en sitkamer met binnebraai. Stoep front suid met lieflike uitsig oor boerdery gebied.

Woonstel bestaan uit 1 slaapkamer met badkamer on-suite. Aparte kombuis met eet-sitkamer.

Groot stoor vir 2 karavane en 1 voertuig.

Al 3 die eiendomme het netjies ingeboude kaste met graniet in al 3 die kombuise. Netjiese afwerkings binne en buite.

Maak gebruik van solar krag en fonteinwater. Heeltemal onafhanklik van Munisipale dienste.

Elektriese omheining om die huise met “beams” om al die huise en afstandbeheerde toegang.

Geleë in perdevriendelike omgewing.