Die eiendom is 58 km op die Paardebond pad tot op die plaas. Grootte is 2,928 ha en bestaan uit 4 titelaktes. Plaas is omhein met netjiese wildsheinings. 3 fase eskomkrag. Grens aan suidekant aan die Gouritzrivier, tans droog. Die reservoir van 24,300 m³ word gevoed deur boorgatwater en fonteine met solarpomp vir huisgebruik.

Tipe veld is klein karoo bossies en bome, min gras net bo teen die berghange. Bewerkbare grond is 15 ha  teen die Gouritzrivier en nog 5 ha om die huis. Baie ou lande wat nog weer bewerk kan word.

Verbeterings bestaan uit 5 slaapkamer netjiese siersteenhuis met 3 badkamers. Binnebraai en TV kamer. Netjiese kombuis met ruim sitkamer. 2 studeerkamers.

2de woonhuis met 4 slaapkamers en 3 badkamers. Binnebraai, TV kamer, sit-eetkamer met netjiese kombuis.

Goed toegeruste lodge waar 12 mense kan slaap.

3 werkershuise. Groot stoor waar volstruiskuikens grootgemaak word. Volstruiskampe bied goeie beskerming teen roofdiere. Toegeruste slaghuis vir jagters met 2 koelkamers.

Wild bestaan uit koedoes +/- 100, zebra 16, elande 18, gemsbokke 15 en baie klein wild.