Die 420 ha plaas is omtrent 5 km vanaf die teerpad net buite Uniondale.

2 opgaarbesproeiingsdamme met waterlisensie van 120,000 m³.

±13 ha besproeibare grond waarvan daar ±5 ha granate, vye en pruime geplant is.

Res van eiendom weidingslande waarvan nog 6 ha besproeibaar is.

Implimente by prys ingesluit (Implimentelys op aanvraag).

Verbeterings bestaan uit gerieflike 3 slaapkamerhuis met sonstoep aan 2 sykante van die huis.

Toegeboude kantoor. Kombuis met aparte spens en opwasarea.Toegeboude braaikamer en eetkamer.

Fonteinwater vir huisgebruik en word gedeel met buurplase.

30 by 12m staalstoor, aparte werkwinkel en gereedskaparea.

Steengeboude stoor met groot afdak….12 by 6m teenaan geboude stoor.

Stoorkamer 5 by 4m. Plaasopstal, store en buitegeboue het aparte eskom 3 fase kragpunte.