Die eiendom is +/- 12km vanaf die lughawe geleë in die landelike gebied. Grootte is 17ha met gronddam en boorgat. Die boorgat lewer 600-800 lt. skoongemaakte water per uur vir huisgebruik asook vir die woonstelle.

Huis bestaan uit 4 slaapkamers met 4 badkamers waarvan 2 on-suite is. Groot sonkamer, binnebraai, eet-en sitkamer met baie moderne kombuis. 2×2 slaapkamer woonstelle plus 2×1 slaapkamer woonstelle. Albei woonstelle met netjiese afwerkings. Inkomste uit woonstelle R30,000 per maand. 3 fase krag op eiendom. Groot stoep  met noorduitsig op die berge wat uitloop na die swembad.

10 weidingskampe op die plaas. Geskik vir skaap, bees en perde. Plaas is ook geskik om selfonderhoudend te wees.

2 dubbelgarages plus tandemgarage met werkswinkel en stoor. 1 netjiese werkershuis.

Huis en woonstelle ook geskik vir gastehuis.

Onbeperkte noordelike uitsig oor die lande.