Die kleinhoewe van 1,6ha is net buite George geleë met munisipale water en 3 fase krag.
2 x ruim woonhuise met 3 slaapkamers plus 2 badkamers elk.
1 woonstel met kombuis, 1 slaapkamer plus badkamer, privaat dek met mooi tuin vir privaatheid.
“Cottage” met 1 slaapkamer plus 2 badkamers, kaggel plus dek.
Elk van die wooneenhede is geleë in `n netjies uitgelegde tuin met sy eie privaatheid.
2 gronddamme wat gevoed word deur afloopwater wat besproeiing gee vir die groentetuin. Die stoor plus 2 motorhuise is omskep in `n werkswinkel en stoorgeriewe.
Huurinkomste van die eiendom is +/- R35,000 per maand volgens die eienaar. Die eiendom bied goeie beleggingsgeleenthede en is naby die dorp geleë.