Die kleinhoewe is net buite Oudtshoorn geleë. Grootte is 3 ha met gelyk gelaserde besproeiingslande. Besproeiingswater afkomstig van gryswater van die dorp gemeng met syferwater wat gepomp  word met n 800mm pyplyn vanaf die rivier. Die 3 ha reeds geplant met lusern en gars gemeng vir weidings en saadproduksie. Draadheinings in goeie toestand. Geen verbeterings op eiendom nie. Stil en rustige omgewing met baie mooi uitsig op die berge.