Baie gewilde en uiters netjiese leefstyl plaas in die Tuinroete.

Grootte van 86 ha en bestaan uit 2 titelaktes.

4 groot damme met waterregte en al die damme is verbind aan mekaar.

64 ha besproeiing met 5 pivots van 6 ha elk.

3 boorgate maar water is brak.

Waterregte uit die rivier.

+/- 40 kampe wat omhein is met wildsheinings.

3 groot store plus 1 stoor vir 16 karavane. Stoorplek vir vakansiegangers deur die jaar.

24 perdestalle vir stoetperde in baie netjiese toestand.

Hoofhuis van +/- 750 m². Ruim en baie netjies.

11 huise wat verhuur word en 3 selfsorghuise vir toeriste.

Inkomste van huurhuise, gastehuise en stoor met karavane betaal maandelikse onkoste van die plaas.

Weidings word gesny en gebaal vir voer vir diere (perde, beeste en wild).

Eiendom kan verkoop word as lopende saak met trekkers en implimente vir R65,000,000 OF net die plaas alleen vir R61,000,000 + BTW.