Plaas is ideaal vir makedamias, advokados, granate of sitrus.

Pragtige waterryke plaas in die Albertinia distrik, naby die berg. Die eiendom is 26km. noord van Albertinia waarvan 20 km. teerpad is.

Rooigrond met n noordelike helling. Plaas grens aan die rivier.

Besproeiingswater is geregistreer vir 375,000 m³.  Standhoudende waterstroom selfs in die droogte.

Tipe boerdery in die omgewing is graan en skape. Tans is daar  +/- 11,420 olyfbome op die plaas onder druppers en spitters.

Die gebied is baie veilig, min verkeer en ver van woongebiede.

Verbeterings bestaan uit n 3 slaapkamer woonhuis , 2 badkamers. Eskom en water beskikbaar. Tans onbewoon.

2 slaapkamer werkershuis met eskom en water.