Die 46 ha eiendom is enkele kilometers buite George geleë.

Verbeterings bestaan uit `n 450 m² woonhuis met 5 slaapkamers, baie mooi badkamers en ingeboude kaste met netjiese afwerkings. Oopplan kombuis,sitkamer en braai wat uitloop na die swenbad.  Kantoor, gym, koelkamer en volledige slaghuis.

2 enkel woonstelle plus `n 2 slaapkamerhuis.

Groot implimente- en voerstoor.

Toegangspad is geplavei vanaf die hoofpad met mooi laning tot by die hoofwoning.

Uitsig oor die berge onbeperk.

Eiendom is verdeel in 18 netjiese kampe. Buiteheinings n bonox- en elektrifiseer.

2 groot opgaardamme vir besproeiingswater met 2 elektriese pompstasies by die damme en ondergrondse moederlyne oor die hele plaas met aftappunte.

25 ha is onder permanente besproeiing. Nuwe toerusting soos pompe en spilpunte.

Alle grond is onder weidings.