Die eiendom is net buite Oudtshoorn geleë. Grootte van eiendom is 111 ha.Diep spoelgronde langs die rivier. Gronde reeds gelaser vir vloedbesproeiing. Besproeiingsbron is die dorp se gryswater wat in die Olifantsrivier vloei saam met die rivier se syferwater. Van daar word dit met `n 200mm pyplyn, met aftappunte, gepomp vir ongeveer 8 km. om vloedbesproeiing te vergemaklik.

Die grond is ideaal vir lusern, hooi en lusernsaad. Ook geskik vir groentesaad, steenvrugte en neute.

Prys R23,000,000 as lopende saak.

Video