Die plaas in die Ruiterbos distrik met n grootte van +/- 130 ha. +/- 60ha bewerkbare lande en n verdere +/- 30 ha kan nog skoongemaak word. Nuut ontwikkelde plaas met tefgras geplant vir weidings vir droë beeste.

Waterlisensie van 120,000 m³ word vanaf n stroom na die stoordam gepomp vandaar die besproeiing geskied. Goed gedreineerde grond en ideaal vir makedamias, granate, avos en weidings.

Verbeterings bestaan uit 2 woonhuise en 260 m² nuwe stoor.

Plaas is 1,8km vanaf die teerpad met baie goeie omheinings.