Die 38 ha plaas, net buite George, bied baie geleenthede vir verskeie boerdery soos: skaapplaas, advokados, makadamias, bloubessies, litchies en wild op klein skaal.

Plaas is netjies omhein met 2,4 m wildsheining en verdeel in 34 kampe.

±25 ha is onder permanente  sprinkelbesproeiing en kan uitgebrei word na ±34 ha.

±4 ha onder drupbesproeiing.

Waterbron is `n beurtvoor uit die berg met 96 uur waterregte per maand.

6 opgaardamme om water in te stoor.

Toegeruste boorgat lewer 14,000 lt. water per uur vir huisgebruik en veesuipings.

Hooi vir skape bestaan uit grasmengsels en gemeng met droë lusern vir voer vir die skape.

Totale kudde is 1,200 ooie. Die lammers word op ongeveer 34 kg. geslag.

Woonhuis bestaan uit 2 slaapkamers, 2 slaapkamer cottage asook 1 slaapkamer woonstel.

2 toegeboude store.

Plaas is in Maatskappy geregistreer maar nie vir BTW nie.