Die 421 ha berggrond net buite Oudtshoorn het verskeie torings op die hoogste gedeelte van die berg met baie goeie toegangspad. Die koppe is oorgroei met spekboom en bied goeie geleenthede vir staproetes en 4×4 roetes. Die gronde bied ook goeie weidings vir bokboerdery. Baie mooi uitsig oor die Olifantsrivier vallei met die groen besproeiingslande en Oudtshoorn in die agtergrond met die Swartberge in die verte. Die 111 ha lande van die vallei is onder vloedbesproeiing.

Die jaarlikse inkomste van die torings beloop R500,000.00 per jaar.