Aan die voet van die berg in die Paardebond gebied is die uitvoer pruimplaas geleë. Grootte is 200 ha. waar ± 14,5 ha verskillende variëteite verbou word. Hoë digtheid stand van ±3,300 bome per ha.
12 ha onder permanente sprinkelbesproeiing.
23 ha droë lande.
Waterregistrasie van 404,000 m³ vanuit bergstroom.
Besproeiingswater kom met pyplyn uit die berg en voed die 3 stoordamme waaruit daar dan besproei word.
3 eskompunte.
Groot pakstoor.
Groot netjiese huis met 4 slaapkamers, 2 badkamers, sit- en eetkamer en snoekerkamer.
3 netjiese werkershuise.
Selfoontoring met goeie maandelikse inkomste.