Die plaas van 105 ha met diep, vrugbare en goedgedeineerde grond, is geleë net buite Calitzdorp op die oewer van die Gamkarivier.  Hier word met wyndruiwe geboer onder andere hanepoot wat aan Calitzdorp Kelder gelewer word. Verder word ook met appelkose, pruime en granate geboer, alles vir die uitvoermark.

Stand van die pruimbome is 1,425 bome per ha wat opgelei is. Bome is goed opgelei en netjies gesnoei.  Stand van die appelkoosbome is 700 bome per ha, maar is nie opgelei nie. Al die besproeiing is druppers en spitters. Water word uit die rivier gepomp en die plaas val onder 2 besproeingskemas.  4 boorgate lewer elk 15,000 lt per uur.  Waterregistrasie is 240,142 m³.

Groentesaad en gedroogde kruie word ook geproduseer.

Alle implimente van ±R2m by die prys ingesluit…trekkers, voertuie, sorteermasjiene en nog baie meer. Lys van implimente beskikbaar.

Pakstoor, store en 11 werkershuise met krag en water.