Die eiendom is ongeveer 7 km buite Uniondale geleë. Verbeterings bestaan uit 2 woonhuise elk met 4 slaapkamers en 2 vol badkamers. Boomryke tuin. Eskom en boorgatwater. 70 ha onder spilpunt en permanente besproeiing. 6 gronddamme en 7 boorgate wat redelik sterk is. Totale waterlisensie volgens die eienaar is 593,000m³. Besproeiing kan uitgebrei word. +/- 12 ha ondergrondse moederlyne. 434 ha droëlande wat ideaal is vir weidings. 150 ha berg en veld met goeie weidings vir bees en bok. 715ha vlakte, karooveld. Implimente is onderhandelbaar en kan uitgesoek word.