Die 14 ha eiendom is in die  Noll omgewing en ongeveer 2 km.grondpad vanaf die teerpad.

Goed onderhoude en gevestigde plaas. Grond is ideaal vir o.a. granaat-, vy- en olyfboerdery. Gevestigde turksvyboerdery met ongeveer 2,166 draende bome. Lusernkamp met permanente besproeiing. Persieboerdery met voerafdakke langs voerkraal vir berg van bale. Voerkraal geskik vir skaap, bees of beide. Hoenderhokke vir “free range”eiers en hoenders. Koelkamer met slaggeriewe. Werkswinkel. Afdakke vir implimente en trekkers. 2 toesluit store. 1 by 2 slaapkamer huis met omheinde tuin en braai area.   1 by 3 slaapkamer huis met omheinde tuin en braai area. 1 Arbeidershuis.

2 boorgate.Leibeurt elke 13de dag. Besproeiing op lusernkampe. Mobiele waterpomp op damwal vir besproeiing. Drinkwaterlyn vir huisgebruik.

Die plaas grens aan P00437, en is 80 ha groot. Sterk boorgat, opgaardamme en pompstasie in die rivier. Prys van die eiendom is R3,5m. Ideaal vir vee, vrugte en groentes.

Die 2 plase sal n goeie kombinasie wees.