Eiendom is +/- 50 km. buite Uniondale. Totale oppv. 827 ha.  waarvan 5 ha onder pivot is, 150 ha. droë lande en die res is veld.

In totaal 18 toegruste boorgate en 6 nie toegeruste boorgate. Lewer in totaal 78,000 lt. water per uur. Stoor water  in 5 gronddamme en pomp dan met moederlyne na lande en pivot en drinkplekke.

Verbeterings bestaan uit hoofhuis 335m² met 3 slaapkamers en 3 badkamers met swembad. 5 gastehuise en backpackers van 230 m² met slaapplek vir 60 persone. 8 store, 3 werkershuise met 2 of 3 slaapkamers met water en elektrisiteit. Kerkie met 30 sitplek en lapa met afdak vir troues. In totaal kan 59 mense per nag slaap. Totale inkomste van R30,000 per aand kan gegenereer word. Eienaar benut nie die volle potensiaal meer nie weens gesondheidsredes.  Akkomodasie vir fietsryers soos Karoo 2 Coast, Transbaviaans en Mountain Corridor. Het voorheen ook skoolkampe, jeugkampe, vroue- en manskampe gedoen. Afgeskaal weens gesondheidsredes.

Baie netjiese heinings en kampe met +/- 25 km. elektriese  heinings met hoogte van 2,6m. Als in baie netjiese toestand.

13 spesies wild op plaas en in totaal ongeveer 322+ wild. Prys R25m met wild op die plaas ingesluit as n BONUS. Kan as lopende saak gekoop word.