Wildsplaas in die Uniondale distrik geleë. Totale oppv. van eiendom +/- 663 ha volgens die eienaar. Die veld is netjies omhein, gepak met klippe om ongediertes uit te hou.

2 groot damme in die kloof en word gevoed deur stormwater en sterk boorgatwater. +/- 12 ha onder besproeiing en die oppv. kan vergroot word.

Groot stewige boma waar diere gevoer word. Groot staalvoerstoor.

3 netjiese akkomodasie huise. Braaigeriewe.

Tipe wild soos: Kalahari springbok 19. Koper springbok 12. Zebra 3. Eland 8. Sabels 6. Swart wildebees 2. Gemsbok 2.Vaalribbok 6. Kaap Grysbok 4. Rooi duiker 4. Goue wildebees 9.

Groot trop trek koedoes.

Wild word geteel en is in goeie kondisie. Veld in goeie toestand na al die droogtes.